Rooted

🌱 Rooted Jeug – Gewortel in Christus

Ons jeug is Rooted in Christus – vas geanker in Sy Woord en liefde. Soos ’n boom wat diep wortels het, vind ons krag en standvastigheid in Hom. Hier leer jongmense om hul geloof te verdiep, sterk te staan, en vrug te dra in die wêreld.

Elke Vrydag om 19:00 kom ons bymekaar vir aanbidding, vriendskap en groei. Dit is ’n plek waar jy kan ontdek wie jy is in Christus en hoe jou geloof jou daaglikse lewe vorm.

📧 Kontak ons: Rooted@lick-herber.co.za

“Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom, gewortel en opgebou in Hom.” – Kolossense 2:6-7

Thezald Tiedt (JNR)
Nakita Erasmus